top of page
Kids Drawing

Welkom by 
Kêkkelbekkies Dagsorgsentrum

Home: Welcome
Wooden Cars

Hoe het ons begin?

Kêkkelbekkies het in April 1994  sy deure oopgemaak vir een maatjie.  Aan die einde van daardie jaar was ons reeds 6 maatjies en 6 jaar later het ons 'n aparte speelkamer aangebou. Met die jare het my kennis en liefde net meer en meer geword en is daar altyd 'n maatjie op ons waglys.

Home: About Us

Ons Program en Aktiwiteite

Kêkkelbekkies bied 'n stimulerende omgewing wat sorgvrye spel bevorder.  U kind se verbeelding word vrye teuels gegee en sodoende word kreatiewe idees, oplossings en benaderings gevorm en bemagtig u kind homself speel-speel.  Die speelfase van enige kind se ontwikkeling is van kardinale belang. 

Die weeklikse program word in kalender formaat maandeliks aan ouers verskaf.

index-callout3.jpg

Kindermusik

Alice Labuscagne bied op Vrydae oggende tussen 10:15 en 10:45 Kindermusik aan by Kêkkelbekkies.  Dit is vir kinders vanaf 18 maande.  Haar fooie is kwartaalliks vooruitbetaalbaar.

3.jpg

Monkeynastix

Hierdie internasionale sportaktiwiteit word vir kinders vanaf twee jaar op Woensdae by Kêkkelbekkies aangebied.

Home: Programs

Ons Missie

Opvoeding met 'n sterk Godsbegrip

Ons werk met 21 kinders tussen die ouderdom van een tot vier jaar. Emosionele ontwikkeling is ons eerste prioriteit.  Ons streef daarna om van u kind 'n gebalanseerde, goed opgevoede klein mensie te maak met 'n baie sterk Godsbegrip.  Hiervoor het ek deurgaans ouers se samewerking en begrip nodig. Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van Afrikaanse onderrig aan ons kinders binne ons gemeenskap.

Toy Shop
Home: Our Mission

Kontak ons

Wil jy graag meer uitvind oor Kêkkelbekkies? Kontak ons gerus en ons kom terug na jou so gou moontlik.

Thanks for submitting!

Kids Painting
Home: Contact

©2018 by Kêkkelbekkies. Proudly created with Wix.com

bottom of page